Local newsNewsSchools

Ram-kore tweede in kykNET-sangkompetisie

Rammies-skoolkore weer op kykNET.

Laerskool Randfontein (Ram) se kore neem elke jaar deel aan die Sing in Harmonie-koorkompetisie aangebied deur kykNET se Anthonie Bougas.

Die opnames vir die Wes-Randse junior kore is by Ram gehou. Drie skole het in die afdeling deelgeneem, naamlik Ram, Laerskool Dr Havinga en Laerskool Elspark.

“Dr Havinga het die kompetisie gewen met Ram kort op hul hakke in die tweede plek,” het Annie Nolan, woordvoerder van Ram gesê.

“Die kore by Ram is onder die leiding van Thelma Bam. Sy rig al die kore vir die afgelope 21 jaar af. Dis ongelooflik om soveel ondervinding agter jou naam te hê. Tydens die laaste twee jaar het sy jong onderwysers in koorafrigting touwys gemaak sodat hul haar goeie werk kan voortsit,” het Annie vertel.

Leon Haupt, Ram-hoof sê, “Dit is ‘n voorreg om saam met ervare en bekwame personeellede soos Thelma Bam te werk. Dis ook altyd ‘n fees vir die oor om die kore so pragtig te hoor sing.”

Uitslae:

• 1ste plek – Laerskool Dr Havinga

• 2de plek – Laerskool Randfontein

• 3de plek – Laerskool Elspark

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button