Local newsNews

R’fontein jubel en juig saam met Duis: Lig

Duis: Lig - samekoms van sang en gebed by AGS Greenhills.

Inwoners het die afgelope Saterdag-aand gejubel en gejuig toe Duis: Lig se aanbiddingspan by die AGS-kerk in Greenhills opgetree het.

Die verrigtinge het met ‘n openingsgebed begin en almal wat bygedra het tot die suksesvolle aand was bedank. Duis: Lig is hartlik verwelkom deur ‘n opgewonde gehoor en het weggespring met die aand se aanbidding en sang. Die gehoor was ook deelgemaak van die bediening deur voor en na die bediening saam te sing en so die Here te loof en te prys.

Duis: Lig het het in ‘n spesiale gebaar vir die gehoor tyd gegun waar jy persoonlik in gebed tyd kon bestee met die Here en in hom berus, terwyl hulle rustig voort gesing het.

Duis: Lig het sowaar die aand onvergeetlik gemaak en die gehoor kon nie wag om foto’s saam met die sanggroep te neem nie.

Daar was ook van hulle Cd’s beskikbaar. Die aand was ‘n groot seën en AGS Greenhills wil almal wat hulle gemeente ondersteun met die projek hartlik bedank.

Related Articles

Back to top button