CrimeLocal newsNews

SOS neem standpunt in teen misdaad

Sekuriteitsgroep reik uit na inwoners ...

Sekuriteitsmaatskappy Special Operations Solutions (SOS) het Saterdag 23 Mei ‘n selfverdediging- en bewusmakingsveldtog vir die publiek by die Nederduitsch Hervormde Kerk in Randgate aangebied.

In samewerking met Fortis Pro-Active Defence Solutions en Ridix cc is inwoners van Randfontein touwys gemaak oor hoe mens gevaarlike situasies kan raaksien en dit sodoende vermy.

Hulle het ook ‘n demonstrasie gehad oor selfverdediging, sou jy jouself in ‘n gevaarlike situasie bevind.

Op grond van ‘n kleurkodestelsel het Fortis Pro-Active gewys hoe inwoners altyd waaksaam behoort te wees en presies te weet wat in hulle onmiddellike omgewing besig is om te gebeur.

So kan inwoners gevaartekens vroegtydig identifiseer en daardeur die situasie probeer vermy. Inwoners moet proaktief optree en gereed wees om hulself te verdedig deur middel van byvoorbeeld pepersproei of ander hulpmiddels te gebruik.

Deur eenvoudige struikelblokke in die pad van moontlike inbrekers te stel, kan mens inbrake voorkom. As hulle wel daarin slaag om in te breek, moet mens voorbereid kan wees om jou gesin te beskerm. Tydens die geleentheid is selfverdedigingstoerusting uitgestal en mense kon daarmee oefen om vertroud te raak met die tegnologie, byvoorbeeld gaspistole en gasgewere wat minder gevaarlik is.

Gedurende die middagsessie het SOS gekonsentreer op vrywillige patrolleerders en die taktiese aspekte van die sigbare teenwoordigheid van patrolleerders. Daardeur kry boosdoeners die boodskap dat hulle nie in woongebiede geduld sal word nie.

Hierdie praktiese opleiding was van groot waarde vir die patrolleerders en die publiek.

Verskeie tipes selfverdedigingstoerusting is uitgestal.
Verskeie tipes selfverdedigingstoerusting is uitgestal.

Sou jy graag nuusflitse via WhatsApp wil ontvang? Stuur ‘n SMS/ WhatsApp boodskap met jou naam en selfoonnommer na 079 413 8726.

Maak seker dat u kennis neem van ons WhatsApp-vrywaring

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n e-pos na randfonteinherald@caxton.co.za (sluit asseblief kontakbesonderhede in) of skakel ons by 011 693 3671.

Vir daaglikse gratis gemeenskapsnuus aan die Wes-Rand, besoek ook ons susterkoerante se webtuistes Roodepoort Record, Krugersdorp News en Get It Joburg West Magazine

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram blaaie om jou stem te laat tel!

Related Articles

Back to top button