Local newsNews

Lewenslesse bespreek tydens VLU-konferensie

Gasspreker Amorè Bekker praat oor lewensvreugde tydens 20ste Vroue Landbou Unie-konferensie.

Die aandtak van Randfontein se Vroue Landbou Unie (VLU) wat onder die Witwatersrandstreek val het onlangs ‘n konferensie oor lewenslesse aangebied.

Dié konferensie was die VLU se 20ste. Die tema was lewensvreugde en Amorè Bekker van Radio Sonder Grense was die eregas en gasspreker.

Amorè het ‘n verhaal vertel van ‘n ryk en aantreklike Griekse man wat sy ontmoet het. Hy wou haar uiteindelik vra om te trou maar sy het besluit om hom te los want sy was nie gelukkig nie.

Die punt wat sy met die storie gemaak het was dat ‘n mens alles kan hê maar dat dit niks beteken as jy nie lewensvreugde het nie.

Een van die skeppings van die VLU.
Een van die skeppings van die VLU.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button