CrimeLocal newsNews

Skoolseun helder oordag beroof

‘My kind het geweet hulle wil hom beroof maar hy was so bang hulle haal ‘n mes of geweer uit’ — slagoffer se ma.

Skoolkinders is volgens ‘n bekommerde ma ‘n sagte teiken vir kriminele in die dorp.

Charlene Geldenhuys se seun Heath Bezuidenhout, 14, en ‘n vriend van hom het Saterdag (21 Maart) vanaf hulle plot na Randgate Dierewinkel toe geloop om na slange te kyk.

Volgens Geldenhuys het haar seun in Elizabethstraat sy wit Samsung Galaxy Tab 4 met ‘n Monster-plakker op (7”) uit sy sak uit gehaal om vir haar ‘n boodskap te stuur wat sê hulle is amper by die winkel en veilig.

“Hy was besig om te sms toe ‘n silver/blou Citroën C2 VTR 2 langs hulle stop. Daar was twee mans in die kar, ongeveer 25 tot 35 jaar oud. My seun het my vertel dat die mans se oë bloedrooi was so asof hulle op dwelms is,” het Geldenhuys verduidelik.

Die mans het toe vir Heath gevra hulle wil sy tablet leen om vir hulle vriende te kontak omdat hulle verdwaal het.

“Heath het my vertel dat hy geweet het hulle wil hom beroof maar hy was so bang hulle haal ‘n mes of ‘n geweer uit en het maar die tablet oorgehandig. Die tablet was skaars uit sy hande uit toe jaag die mans weg in die rigting van Randgate,” het Geldenhuys bygevoeg.

Geldenhuys en haar man het minute later die seuns opgetel en die dorp in gejaag opsoek na die kar maar daar was geen teken van hulle nie. ‘n Saak is by die Randfontein Polisie stasie oopgemaak, die tablet is geswartlys en die sim is geblok wat die tablet nou basies onbruikbaar maak.

Geldenhuys wil vra dat enige iemand wat dalk weet wie die mans is of weet waar hulle gevind kan word asseblief vir ondersoek beampte Van der Walt by die polisie kontak. Geldenhuys kan dan ook self op 073 327 9421 geskakel word.

“Ek sal ‘n beloning betaal vir inligting wat kan lei tot hulle arrestasie. Ek wil ook net vir die mans vra, as julle hierdie berig lees en besef dat julle ‘n groot fout gemaak het, bel my op ‘n privaat nommer en reel dat die tablet iewers vir my gelos word. As ek die tablet terug kry sonder skade is ek bereid om die saak terug te trek,” het Geldenhuys gesê.

Die tablet was ‘n verjaarsdag geskenk twee maande terug vir Geldenhuys se seun en is die enigste manier vir hom om take en huiswerk te doen.

Related Articles

Back to top button