Local newsNewsSchools

Eerste kleuterskool in R’fontein vier sy 70ste

'Hier word kleuters nie net gereed gemaak vir laerskool nie maar ook toegevou met liefde'.

Rosemarie Khan Kleuterskool wat op tradisies en Christelike waardes gebou is, is al vir jare ‘n tweede tuiste vir kleintjies.

Vanjaar vier die skool sy 70ste bestaansjaar. Die herald het besluit om na die skool se ryke geskiedenis te kyk.

Die kleuterskool is tot stand gebring in 1946. In 1992 moes hulle van Vriendskap Tuiste na Robinson toe trek.

Volgens Elzeri Wright van die kleuterskool was Rosemarie Khan die eerste kleuterskool in Randfontein. ‘n Hebreeuse vrou, Rosemarie Khan was die stigter van die kleuterskool. Sy is in 1991 dood.

Elize Brandt was van 1973 tot 1995 die skoolhoof en het in 1996 die leisels aan Ilsa Otto oorgegee.

Ilsa vertel, “Hier word kleuters nie net gestimuleer en gereed gemaak vir laerskool nie maar ook toegevou met liefde en aandag, terwyl mamma en pappa by die werk is.”

Elzeri het gesê, “Vroeg vanjaar het Rosemarie Kahn ‘n oproep van KleuterZone ontvang. Carla Neethling, ‘n oud Rosemarie Kahn-kleuter, het ‘n brief aan KleuterZone geskryf waarin sy vertel hoe wonderlik die skool is en dat KleuterZone die skool met die land moet deel. Op 10 Februarie het KleuterZone die opname vir hulle TV-program kom skiet.

“Die dag van opwinding is afgesluit met ‘n konsert vir die ouers waarin Antonie Bougas, uitvoerende vervaardiger van ABS Productions, ook opgetree het. Die produksiespan het elke oomblik op kamera vasgevang. Randfontein kan gereed staan om die uitsending in April te kyk op Kruiskyk TV, kykNET Musiek (kanaal 146) en One Africa TV (Namibië).”

Related Articles

Back to top button