NewsSchools

Rappies skenk duisende aan Kansa

Leerlinge spuitverf hul hare en koop plakkers vir 'n goeie doel.

Laerskool Rapportryer het onlangs hul harte en beursies vir ‘n goeie doel oopgemaak.

Die skool het besluit om Kansa te ondersteun deur plakkers te koop en hul hare allerhande kleure te spuitverf. Die skool het ‘n reuse R11 010 ingevorder en dit aan Kansa oorhandig.

“Ons is so trots op die kinders wat uit hul eie vir Kankernavorsing gee. Daar is baie kinders wat al iemand verloor het as gevolg van kanker of iemand ken wat die stryd veg en ek weet dit is waarom dit so naby aan hul hartjies lê,” het Carel Stoop, die skoolhoof gesê.

Kansa doen fantastiese werk vir kankernavorsing en bied bystand en behandeling aan kankerpasiënte.

Vir meer inligting skakel Iselle van Wyk, die Kansa RFT-verpleegster, by 082 637 6205.

Related Articles

Back to top button