Local newsMunicipalNewsUpdate

R16 000 se skade weens reuse slaggat

Eis sal glo twee jaar neem. 'Gaan die munisipaliteit my 'n huurmotor voorsien tot dan?' — motoris.

Die R41 (Ventersdorp-pad) is maar ‘n teer sakie vir dié wat buite die dorp woon.

In ‘n vorige artikel het die herald berig dat boere dreig om Randfontein te boikot weens die pad se toestand. Nou blyk dit die munisipaliteit begin die pad herstel.

Deon Coetzee, ‘n motoris het gesê, “Ons het gisteraand (9 Februarie) omstreeks 10nm van die dorp af terug gekom en gesien die munisipale werkers is besig om die pad reg te maak.”

Talle mense het reeds groot skade gely as gevolg van die pad se toestand. Maar nou hoe gemaak as jou motor skade opgedoen het as gevolg van slaggate?

“Die munisipaliteit is vinnig om te sê mense moet die skade van hulle af terug eis, maar daar word ook terloops gesê dat jy nie jou asem moet ophou nie, die eis kan tot ‘n jaar neem om uit te betaal,” het Marie Coetzee onsteld vertel.

Marie het ‘n maand gelede met haar Mini Cooper S deur ‘n reuse slaggat op die R41 gery. Haar skade beloop sowat R16 000.

“Dit is my trots en my enigste vervoermiddel, nou is die Mini so beskadig ek kan nie eers met hom ry nie. Toe ek die eerste keer vir die vorms by die munisipaliteit gaan vra het, is daar vir my gesê al wie my kan help is Jan van Zyl. Hy was baie behulpsaam en vriendelik en het die proses in detail vir my verduidelik,” het Marie vertel.

Ek het drie kwotasies, ‘n beëdigde verklaring van die polisie, ‘n kopie van my ID en bestuurderslisensie, my motor se registrasiepapiere en foto’s van die beskadigde parte en wiele saam met die vorms ingedien.

Volgens Marie is daar vir haar gesê die proses kan tot twee jaar neem om te finaliseer. Marie was geskok en het gevra met wie sy kon praat om die proses vinniger te laat gebeur.

“Daar is vir my gesê dat raadslid Peter Matabula die eise goedkeur en ek het hom onmiddellik geskakel.”

Volgens Marie was Matabula vreeslik ongeskik oor die telefoon en hy het glo met haar gestry oor of die slaggat selfs onder die Randfontein se munisipale wyke val.

“Ek het na ons gesprek magteloos gevoel omdat daar ook vir my vertel is dat eise onder R20 000 nie eers oorweeg word nie. Dit is baie geld wat ek eenvoudig net nie het nie. Gaan die munisipaliteit vir my ‘n leenmotor voorsien vir die twee jaar wat dit neem om die eis uit te betaal?” het Marie gevra.

Wat eers ‘n lig in die tonnel was vir Marie was, het vinnig weer duister geword en haar moed heeltemal gebreek.

So as jy daaraan dink om van die munisipaliteit af terug te eis, wees gewaarsku, die wagtydperk kan moontlik lank wees.

Verwante artikel:

Boere en besoekers wil Randfontein boikot

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button