Local newsNewsSchools

Randfontein-matrieks gaan groot

RHS spog met die hoogste slaagsyfer van 100 persent uit die drie skole.

Met Suid-Afrika se Department van Onderwys in rep en roer oor die twee persent daling in die slaagsyfer kan Randfontein se matrieks hul koppe hoog hou.

Op Dinsdag, 6 Januarie het die top drie skole in die dorp al vroeg begin voorberei vir die gretige matrieks van 2014. Trotse hoofde, onderwysers en ouers het met gemengde gevoelens die kinders gelukgewens en totsiens gesê vir ‘n laaste keer.

Randfontein High School (RHS) spog vir ‘n sewende jaar agtereenvolgens met ‘n honderd persent slaagsyfer terwyl Hoërskool Jan Viljoen (Jannas) 98,07 persent en Hoërskool Riebeeckrand (Rierand) ‘n 99.44 persent slaagsyfer behaal het.

“Ons is verskriklik trots op ons matriekgroep van 2014. Hulle harde werk en toewyding het vrugte afgewerp,” het Launa Roos, waarnemende adjunkhoof van Rierand gesê.

Een van Rierand se top presteerders, LW Biggs het nege onderskeidings behaal.

“Dit was ‘n harde jaar maar ek is baie bly oor my punte. Ek wil graag medies nou gaan swot en be-oog om ‘n kardioloog te word,” het hy gesê.

LW se pa en ma, Lourens en Rika Biggs het van oor tot oor geglimlag na hulle die punte gesien het.

“Ons is trots op LW maar die skool en sy fantastiese onderwysers moet die krediet kry. Hulle het die transisie na die nuwe CAPS (The Curriculum and Assessment Policy Statements) baie goed hanteer en dit so maklik as moontlik vir die kinders gemaak. Sy geluk was ook te danke aan die genade van bo,” het Lourens gesê.

Jannas se top presteerder, Bianca Erasmus het sewe onderskeinings behaal. Die jonge dame is oppad Pretoria toe waar sy Meganiese Ingenieurswese gaan swot. Sy wil dan in die toekoms Lugdinamika doen.

“Ek is nog in skok maar baie trots op haar,” het Belinda Erasmus, haar ma met trane in haar oë gesê.

“Ons is baie trots op die kinders en wil net baie dankie sê dat die matrieks so ‘n besonderse groepie was. Alle sterkte met julle toekoms en mag die beste wense julle vergesel,” het Julius Katzke, Jannas se skoolhoof gesê.

Jason Fischer, woordvoerder van RHS sê “Ons fokus is om ‘n matriekjaar so opwindend as moontlik vir leerlinge te maak. Dit moet nie ‘n jaar wees vir swaarkry nie. Ons geheim is om vroeg in die jaar met voorbereiding te begin en seker te maak elke leerling kry die nodige ondersteuning. As ons sien iemand sukkel, spring onderwysers in om te help. Ook, sonder doelgerugte onderwysers sal ons nie hierdie puik prestasie kon behaal nie.”

Die Randfontein herald wil ook elke matrikulant gelukwens. Sterkte vorentoe.

Foto’s:

Rierand-matrieks gallery

RHS-matrieks gallery

Jannas-matrieks-gallery

Related Articles

Back to top button