Local newsNews

Veiling lok talle bieërs

BKB Louwid se veilings in Randfontein word weekliks op Woensdae gehou.

Woensdae is vendusie-tyd by BKB Louwid en die wat die week (19 November) saam gekuier het was nie teleurgestel nie.

Al is dit ‘n stil tyd van die jaar vir vee koop en verkoop, was die bywoning goed. BKB Louwid wat takke landswyd het, is reeds ‘n jaar op hulle perseël op Vogelstruisfontein en is trots op hul mooi nuwe geboue en fasiliteite.

Daar is selfs ’n losie wat heerlike verversings bedien. Die onthaalsaal het mooi sitplekke waar gaste voor of na die vendusie ietsie kan eet of drink. Die perseel het ook baie skoon toiletfasiliteite.

Kopers kon op die dag kies en keur uit ‘n verskeidenheid beeste. Hulle verkoop ook kleinvee van tyd tot tyd.

As die hammer eers val gaan die veiling vinnig en kopers staan bont met sakrekenaars om te verseker hulle doen goeie aankope.

Een van die duurste slagbulle wat BKB al onder die hammer laat kom het, het vir meer as R20 000 verkoop by ‘n vorige vendusie.

Na die verrigtinge kan kliënte onmiddelik hul gelde by die kantoor afhaal, wat die proses vinnig, maklik en eenvoudig maak.

Vir meer inligting, kontak Rudi Nagel by 082 905 6066 of Riaan Herbst by 076 154 5049.

Verwante artikels:

Meer as R2 miljoen se vee verkoop

Die gronde is so 30km buite Randfontein op die Ventersdorp-pad; GPS-koördinate: S 26º 10′ 98″ O 27º 33′ 75.6″.

 

Insetsel van ‘n dag op veiling:

Related Articles

Back to top button