Local newsNews

Oud-weermaglede bring hulde aan gesneuwelde makkers

Oud-weermaglede bring hulde aan dié wat die hoogste prys in die Suidwes Oorlog betaal het.

“Onthou die verlede maar bou die toekoms.”

Dit was die boodskap toe ‘n handvol Regiments Assosiasie- (RPK-) lede onlangs hulde gebring het aan soldate van die Wes-Rand wat tydens die Suidwes Oorlog gesneuwel het.

Volgens Ryno van Rensburg, ‘n afgetrede luitenant-kolonel in die Suid-Afrikaanse Weermag was die doel “om hulde te bring aan ons makkers wat die hoogste prys betaal het. Ons wil nie ons makkers vergeet nie”.

Van 1966 tot 1989 was Suid-Afrika en die South West Africa People’s Organisation (Swapo) ondersteun deur Kuba in ‘n konflik gewikkel. Die oorlog is in drie operasionele gebiede in Suidwes-Afrika (nou Namibië) en Angola gevoer. In die argiewe staan die oorlog bekend die Grensoorlog of Bosoorlog. Alhoewel die werklike aantal sterftes nie amptelik bekend is nie, dui talle bronne aan dat byna 2 000 Suid-Afrikaanse soldate in dié stryd gesneuwel het. van Rensburg vertel dat die westelike gebied van Suider-Afrika destyds ‘n “oorlogsone” was.

Die RPK-lede het onlangs op ‘n Saterdagmiddag by die helde-akkers van vier begraafplase aan die Wes-Rand ‘n parade gehou. Hulle het by Mogale City (Krugersdorp) begin en is toe na Merafong (Carletonville), toe na Westonaria en het in Randfontein geëindig.

Elke parade is met skriflesing en gebed deur ds Dirk van Rooyen van die Hervormde Kerk in Krugersdorp begin. Daarna is daar by elke graf vir twee minute lank stilte gehandhaaf waarna die leuse “Onthou die verlede maar bou die toekoms” hardop gesê is.

Die getal soldate wat in elke area te ruste gelê is, is
• twee in Mogale City
• sewe in Merafong
• vier in Westonaria
• twee in Randfontein

Die begraafplase in Mogale City, Westonaria en Randfontein spog elkeen ook met ‘n gedenknaald.

Op ‘n vraag hoekom dit vir hulle so belangrik is, antwoord van Rensburg, “Die Assosiasie het opgemerk dat die grafte klaarblyklik nie meer deur naasbestaandes besoek word nie”.

Oudlede van RPK of ander weermaglede kan luitenant-kolonel Ryno van Rensburg by 078 179 5595 of 011 693 2735 kontak om by die assosiasie aan te sluit.

“Ons is apolities en nie meer aan die eenheid RPK verbonde nie. Ras en geslag speel nie ‘n rol nie,” beklemtoon van Rensburg.

Besoek die gallery vir nog foto’s.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button