NewsSchools

Jannas se topbestuur vir 2015 aangekondig

'n President, twee visepresidente, bemarker, sekretaresse en vier addisionele portefeuljes is aangekondig.

Hoërskool Jan Viljoen is baie opgewonde oor die 2015 skooljaar en spog met hul nuutgekose topbestuur wat dan aan die stuur van sake sal wees.

Volgens die Verteenwoordigende Raad van Leerlinge (VRL) se voog, Enza Steyn het die leerlinge van die skool in Augustus die nuwe VRL vir 2015 verkies.

Steyn vertel verder dat dié groep leerlinge vanaf 10 tot 12 September hul VRL-kamp bygewoon het.

“Dit is by dié kamp waar ons volgende jaar se topbestuur geïdentifiseer en verkies het,” vertel Steyn.

Na afloop van die kamp is die name van die topbestuur en hul portefeuljes op 17 September aan die skool bekendgemaak.

“Daar is vanjaar nege leerlinge op die topbestuur. Onder dié leerlinge is daar ‘n president, twee visepresidente, ‘n bemarker, ‘n sekretaresse en vier addisionele portefeuljes aangekondig en ingehuldig,” vertel Steyn.

Die president vir 2015 is Calvin Horn en onder sy leiding sal die twee visepresidente, Casper Eloff en Veronique Rossouw die skool tot sukses lei.

Nirica Crous is as die sekretaresse gekies en Petro Maritz beklee die Bemarkingsportefeulje. Verder sal Jackie Viljoen verantwoordelik wees vir Religie terwyl L’Ray Wiese Kultuur sal behartig.

Charlotte Beukman is verantwoordelik vir Akademie en Robert Meintjies is in die Sportportefeulje aangestel. Robert is ook verkies as koshuisleier.

“Ons is baie opgewonde oor die jaar wat voorlê en glo dat dié groep leerlinge die skool tot nuwe hoogtes sal lei. Baie geluk aan elkeen van julle en sterkte met die diensjaar wat vir julle voorlê,” vertel Steyn.

Related Articles

Back to top button