Local newsNews

Sonja kom inspireer

Sonja Heroldt is binnekort in die dorp om musiekmotiveringsprogram aan te bied.

Die gewilde sangeres Sonja Herholdt is binnekort in Randfontein om vroue te kom motiveer en inspireer.

Herholdt bied op Saterdag 18 Oktober om 10.30vm ‘n musiekmotiveringsprogram aan – Die Hartklop van ‘n Perêlvrou – in Randfontein se Metodiste Kerksaal.

Sy het in ‘n verklaring gesê die program is gerig op ‘n vroulike gehoor – dis ‘n eerlike, openhartige program, propvol wyshede en waarhede, ‘n ware inspirasie vir elke vrou.

Tydens hierdie musiekmotiveringsprogram sal Herholdt die funksie van ‘n spreker en sanger kombineer. Sy sal haar eie lewenservaring neem en oor temas rondom vrouwees praat wat sy met gepaste musiek sal ondersteun.

Sy sal onder andere oor onderwerpe soos selfbeeld en eiewaarde, waagmoed en die belangrikheid van onafhanklike verantwoordelikheid vir elke vrou praat. Sy sal ook wenke en tegnieke deel om emosionele en geestelike energie te herwin en hoe om spanning te hanteer.

As hoogtepunt van die program sal Herholdt afsluit deur erkenning te gee aan ‘n persoon in die gehoor wat haar buitengewone omstandighede oorkom het.

Hiermee poog Herholdt om te bewys dat dit moontlik is om moeilike omstandighede te oorkom. Sy bied ook ‘n geleentheid vir vroue om by mekaar te leer en mekaar te ondersteun.

Die hoogs motiverende en inspirerende program sal ongeveer 70 minute duur. Kaartjies beloop R100 per person en sluit ‘n vingerete in.

• Navrae: Kontak vir Claudine by 071 268 7944 of Jacky by 084 926 9220.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button