Local newsNews

Meer as R2 miljoen se vee verkoop

Totale aantal beeste op die veiling verkoop – 307; omset – R2 763 000.

Daar’s boere met geld.

Dit was duidelik die geval toe tientalle boere van sover as Potchefstroom, Vanderbijlpark, Derby, Lanseria en Heilbron onlangs een van Lund Afslaers se grootste vetveeveilings vir die jaar bygewoon het. Die veiling het op die Brandvlei-veilingperseel plaasgevind.

Volgens die eienaar van die perseel, Rudie Lund het ongeveer 360 mense opgedaag. Westonaria Toyota, Ben Morgenrood – Ford, Genius Landbou Landini, Safari Feeds en Shutterlock was as uitstallers betrokke.

Gevra of dit die grootste veiling vir die jaar was en hoekom dié tipe veilings so gewild is, sê Lund, “Ja, dit is die grootste omrede dit ook in die aand aangebied word. Pryse is geneig om by sulke geleenthede hoër te wees omdat die vee wat aangebied word van die beste gehalte is en ook die boer se spogvee is.”

Lund bevestig dat ‘n totaal van 307 beeste op die dag verkoop is en die omset R2 763 000 was.

Die ligste bees wat te koop aangebied is, het ongeveer 260kg geweeg en die swaarste (‘n os) was 1 160kg. Hierdie os, bekend as Simbra, het die hoogste prys behaal, naamlik ‘n ongelooflike R25 000.

“Dit was ‘n groot sukses om soveel topgehalte vee vir my kopers te kon aanbied.

“Selfs die verskillende uitstallers se produkte was ook van ‘n goeie gehalte. Hierdie veiling is ‘n goeie motiveerder vir boere om hul vee tot op hierdie vlak te voer en dan aan te bied.

“Dit skep ook ‘n uitdaging vir ander boere om dieselfde te doen en vir die talle pryse in aanmerking te kom.”

Pryse is aan die volgende wenners oorhandig:

• Algehele wenner: Kobus van Zyl – Rikasrus

• Wenner vir A Graad bees – Kobus van Zyl – Rikasrus

• Wenner vir A Graad bees (Groep van vyf) – Kobus van Zyl – Rikasrus

• Wenner vir B Graad bees – Kobus van Zyl – Rikasrus

• Wenner vir C Graad koei – Ishmael Chiboo (Bravo Pro) – Witstinkhoutboom

• Wenner vir C Graad bul/os – Dave Huges – Middelvlei

• Wenner vir swaarste bees op veiling – Gerhard Visser – Welverdiend, Carletonville

• Wenner vir die nuwe opkomende boer – Amos Mokgoko van Hillside, Randfontein

• Navrae: Rudie Lund by 083 789 2838

Related Articles

Back to top button