CrimeNews

47 moorde elke dag – AfriForum

'Meer klem op gemeenskapspolisiëring nodig'

Groter klem op gemeenskapspolisiëring én die bemagtiging van gemeenskappe is nodig.

Dít is AfriForum se gevolgtrekking na die vrystelling van die misdaadstatistiek vir 2013/2014 wat onder meer toon dat 47 Suid-Afrikaners na raming elke dag vermoor word.

Dié statistiek, wat deur Nkosinathi Nhleko, die minister van polisie, en generaal Riah Phiyega, die nasionale polisiekommissaris, vrygestel is dui op ’n toename in moord, geweldsmisdaad en sosiale onrus.

“Die statistiek dui aan dat basiese misdade nie deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gestop word nie. Die oplossing vir geweldsmisdaad gaan gepaard met doeltreffende misdaadintelligensie en vinnige reaksie nadat ʼn misdaad gepleeg is. Gemeenskappe in Suid-Afrika leef in vrees weens onbevoegde en traag optrede,” het Ian Cameron, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid, gesê.

Roof met verswarende omstandighede het toegeneem met sowat 12.7 per sent en huisrooftogte met 7.4 per sent. Moord het met 5 per sent toegeneem. Dit is 809 meer moorde as in die vorige jaar. Moordsyfers het gestyg van 16 259 in 2012/2013 tot 17 068 in 2013/2014. Cameron meen dat dié drastiese toename in geweld slegs die hoof gebied kan word deur gemeenskappe op ʼn meer doeltreffende wyse te betrek en op te lei om misdaad te bekamp.

“Die toename in geweldsmisdade waaronder roof, roof met verswarende omstandighede en moord is kommerwekkend. Roof kan binne sekondes moord word. Die toename in onwettige wapens, wat deur die polisie aangemeld word, dra by tot die probleem,” het Lorraine Claasen, kriminoloog by AfriForum, verduidelik.

AfriForum meen gemeenskappe moet op ’n groter skaal bemagtig word deur doeltreffende buurtwagte en reservis-stelsels wat reg toegepas word.

Verwante artikels:

• National crime stats revealed

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Clinton Botha

For more than 4 and a half years, Clinton Botha was a journalist at Roodepoort Record. His articles were regularly published in the Northside Chronicle now known as the Roodepoort Northsider. Clinton is also the editor of Randfontein Herald since July 2020. As a sports fanatic he wormed his way into various "beats - as the media would know it - and admits openly that his big love always have something to do with a scoreboard, crowds and usually a ball that hops.

Related Articles

Back to top button