Local newsNews

Adonia Angels bied Gospel-fees aan

"Fees ten bate van minderbevoorregde bejaardes in die gemeenskap" — Adonia Angels

Die gemeenskap is genooi om Adonia Angels Project se Gospel-fees in Oktober ten bate van minderbevoorregte bejaardes saam te geniet.

Volgens die stigter van Adonia Angels se Corrie van Loggerenberg sal dié Gospel-liefdadigheidsfees op 25 Oktober vanjaar in die Jimmy Kitching saal by Randfontein Vriendskapstuiste plaasvind.

“Die fees sal om 6nm afskop en beloof om ‘n Geesvervulde-geleentheid te wees,” het van Loggerenberg gesê.

Volgens haar “Is die tema van die fees ‘God se Bruid’ en sal daar verskeie sangers, dansgroepe en selfs ‘n gasspreker by die geleentheid optree om ‘n boodskap oor dié tema by diegene teenwoordig tuis te bring. Tydens die geleentheid sal die dansgroep, Bride Warriors ook optree en Susan Kruger sal haar getuienis met die gaste kom deel.”

Diegene wat die geleentheid gaan bywoon kan ook uitsien na top sang-vermaak deur gesoute gospel sangers soos Shirley Louw; Willem van Loogerenberg en Marnise Groenewald.

Die gaste kan ook na afloop van die geleentheid die sangers se CD’s aankoop. Kaartjies beloop R60 per persoon en sluit ‘n gratis bakkie kerrie en rys in.

“Die kaartjies is by Randfontein Vriendskapstuiste se kantoor asook by Adonia Angels beskikbaar,” het van Loggerenberg bevestig.

Daar sal ook by die deur kaartjies beskikbaar wees.

• Navrae: Kontak vir Corrie by 072 697 0792.

Related Articles

 
Back to top button