NewsSchools

Riebeeckrand kroon hul skoonhede

Hoërskool Riebeeckrand kroon hul mooistes by Silverstar Casino.

Hoërskool Riebeeckrand se skoonhede is tydens ‘n glansgeleentheid by Silverstar Casino gekroon.

Volgens die bemarker van Hoërskool Riebeeckrand, Rickus Kruger “Het elke deelnemer werklik baie moeite gedoen om die be-oordelaars se aandag te trek terwyl die organiseerders Magda Venter en Betty Nel hulself weer oortref het.”

Die plaaslike sangsensasie Tanya V en die Rierand orkes, Abandonship, het gesorg vir die vermaak.

“Die leerlinge het almal pragtig gelyk maar, ongelukkig moes daar aan die einde van die aand ‘n wenner gekroon word,” vertel Kruger.

In die junior-afdeling is Nicole Buitendag as Mej Junior Riebeeckrand gekroon. Beloved Schele is as eerste prinses aangewys terwyl Megan Erasmus die kroon vir tweede prinses ontvang het.

Roché Roberts het met die titel van Mnr Riebeeckrand weggestap. Cameron Graham is as eerste prins gekroon en Duanne Grobler het met die titel van tweede prins weggestap het.

“Die hoogtepunt vir die aand was die kroning van die nuwe Senior Mej Riebeeckrand en die hele gehoor was in rep en roer om uit te vind wie die nuwe titelhouer is,” vertel Kruger.

“Baie geluk aan al die wenners en baie dankie aan almal wat so hard gewerk het om van die aand ‘n sukses te maak,” vertel Kruger ten slotte.

Wie is nog gekroon:

• Monique Crafford – Mej Senior Riebeeckrand

• Clarise Hoffman – eerste prinses (senior)

• Melouise du Plessis – tweede prinses (senior)

• Marli de Beer – Mej Debutant

• Charmone Landman – Mej Junior Persoonlikheid

• Shunny Bothma – Mej Senior Persoonlikheid

• Roche Roberts – Mnr Fotogenies

Related Articles

Back to top button