EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Moedersdagkompetisie: Is jou ma die coolste?

Skryf nou in vir die Herald/ Droogeheuwel se Moedersdagkompetisie en wen groot.

Sarie aan haar broer Pieter: “Wat gaan ons vir ma doen vir Moedersdag?”

Pieter aan sus Sarie: “Seker ‘n boks tjoklits of iets, met ‘n kaartjie?”

Ons almal krap partykeer kop oor wat ons gaan doen om Moedersdag vir ma spesiaal te maak, maar daar is seker nie ‘n beter manier nie as om vir jou geliefde moeksie ‘n prys te wen omdat sy so great is.

Hier is jou kans as jy 14 jaar en ouer is…

Vir slegs een week, van 1 tot 8 Mei, bied die Herald in samewerking met Droogeheuwel die ‘Coolste ma in die Weste’ Moedersdagkompetisie aan.

Dis baie maklik om in te skryf. Vul die onderstaande inskrywingsvorm in en beantwoord die volgende vraag: Verduidelik in 50 tot 100 woorde hoekom jou ma die coolste in die Weste is. O ja, heg ook ‘n spesiale foto aan – selfs een waar sy ‘n reksprong doen of ‘n band omruil.

Die sluitingsdatum is Vrydag 8 Mei stiptelik om 12 uur die middag. Die beoordeling sal dan gedoen word en die wenners sal dieselfde dag telefonies in kennis gestel word.

Gevra hoekom hy so iets wil doen het Ian Bossert, bestuurder van Droogeheuwel geantwoord, “Alle ma’s is spesiaal en almal sê nie elke dag dankie vir wat sy doen en opoffer vir haar kinders nie. Ons het besluit om op alle ma’s te fokus deur so ‘n kompetisie op die been te bring.”

Clinton Botha, Herald-redakteur sê, “Ek dink dit is ‘n besondere manier om ma te bederf. Dit is ‘n lekker inisiatief waarby die hele gesin betrokke kan wees en sal beslis baie reaksie op sosiale media ontlok.”

Wat is op die spel?

• Eerste prys – Carvery vir ‘n gesin van vier by Droogeheuwel op 10 Mei plus ‘n R200-kontantprys

• Tweede prys – Kontantprys van R300

• Derde prys – Kontantprys van R200

Reëls:

• Slegs kinders kan hul ma’s inskryf. Ma kan nie self inskryf nie.

• Vul asb die inskrywingsvorm volledig in.

• Hoe meer inskrywing jy instuur hoe beter is jou kans om te wen.

• Hoewel dit ‘n Randfontein-inisiatief is, kan kinders vanoor die hele Wes-Rand hulle ma’s inskryf.

 

 

 

 

Related Articles

Back to top button