EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Emmanuel Aanbiddingsentrum bied markdag aan

"Daar is reeds heelwat staanplekke verkoop en uitstallers moet vinnig hul plekke bespreek om teleurstelling te voorkom."

Emmanuel Aanbiddingsentrum bied vanjaar ‘n Wintermark aan en nooi die hele gemeenskap om deel te wees van die prettige geleentheid.

Volgens die organiseerder van die geleentheid, Juanita Oliver, sal die geleentheid op 31 Mei plaasvind.

Die markdag sal om 9vm afskop.

“Dit beloof om ‘n onvergeetlike dag te wees en waar daar gesmul kan word aan allerhande lekkernye soos worsrolle, sop, vetkoeke, pannekoeke en vele meer. Daar sal ook later die middag’n lof-en-aanbiddingsgeleentheid wees waar verskeie kunstenaars en jeuggroepe gaan optree,” vertel Juanita opgewonde.

Die gemeente nooi ook enige uitstallers in die gemeenskap om hul eie produkte te kom verkoop.

Belangstellendes kan ‘n stalletjie huur teen R100 per staanplek.

“Daar is reeds heelwat staanplekke verkoop en uitstallers moet vinnig hul plekke bespreek om teleurstelling te voorkom,” vertel Juanita.

Vir enige navrae, skakel vir Juaita Oliver by 061 064 1422 of 082 219 1494.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button