NewsSchool sportSchoolsSport

Ram maak gereed vir rugbyseisoen

Die Ratels en hul afrigters sien daarna uit om ‘n groot sukses van die rugbyseisoen te maak.

Laerskool Randfontein (Ram) het vanjaar ses nuwe manspersoneellede wat vanjaar rugby gaan afrig.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Randfontein, Annie Nolan, is dié manne jonk, geesdriftig, vol nuwe idees en reg om van die rugbyseisoen ‘n reuse sukses te maak.

Hansen Pretorius, Tinus Nortjé en Niel Rietchard – ‘n ouer van Ram, is die afrigters van die o.11 rugbyspanne.

“Hulle het sommer voeg vanjaar besluit om ‘n vergadering te hou en met ‘n paar nuwe idees vir afrigting vorendag te kom,” vertel Annie.

Tydens die naweek van 21-22 Februarie het hulle ‘n unieke spanbousessie by die skool aangebied om die gees onder die spelers op te bou.

Die spelers en afrigters het in die skoolsaal oorgeslaap en baie rugby gepraat en gespeel.

Daar is oefensessies gehou waarby die ouers ook betrek is.

“Die besonderse toewyding en ondersteuning van die mans-studente van Ram het duidelik gewys deur die feit dat hulle glad nie gehuiwer het om met die kamp uit te help nie,” vertel Annie.

Chris Coetzer het ‘n reëlbespreking aangebied, wat die ouers en spelers ingelig het oor die jongste reëls en veranderings in die spel.

Die o.11-span het ook ‘n unieke naam gekry en sal van nou af bekend staan as die ‘Ratels’.

Die Ratels en hul afrigters sien daarna uit om ‘n groot sukses van die rugbyseisoen te maak.

Related Articles

Back to top button