NewsSchools

Gee steeds om op 80

Hannetjie Liversage mag dalk vanjaar al 80-jaar oud wees, maar gee steeds haar alles wanneer dit by die belange van die leerlinge van Laerskool Rapportryer kom.

Hannetjie Liversage het op 16 Januarie haar 80ste verjaardag gevier en is trots om op dié ouderdom nog steeds aktief werksaam by Laerskool Rapportryer te wees.

Volgens die skakelbeampte van Laerskool Rapportryer, Roleen Olivier, mag Hannetjie dalk al ouer as die res van die Rappies personeel wees, maar gee sy steeds haar alles wanneer dit by die belange van Laerskool Rapportryer se leerlinge kom.

“Hannetjie sal in September vanjaar al 63-jaar by Laerskool Rapportryer werksaam wees.

“Ons almal by Laerskool Rapportryer wens haar ‘n baie geseënde jaar toe en bedank haar vir haar getroue diens aan ons pragskool,” vertel Roleen.

Related Articles

Back to top button