Local newsNews

Skryf in vir die Sanlam Liriekeskryf kompetisie

Jy kan die volgende groot liedjieskrywer in Suid-Afrika wees, skryf nou in vir die Sanlam LitNet Sing it liriekskryfkompetisie.

Sanlam en LitNet het pas die derde Sing ‘it-liriekskryfkompetisie van stapel gestuur.

Die kompetisie nooi Suid-Afrikaners van 18 jaar en ouer met ‘n passie vir liedjies skryf om hul lirieke in te stuur in ‘n poging om R50 000 te wen.

Verder sal liriekskrywers die geleentheid kry om dalk te sien hoe hulle lirieke in ‘n lied verwerk word, asook in ‘n musiekvideo wat uitsluitlik op MTV bekendgestel sal word te sien sal wees.

Die kompetisie is ‘n vennootskap tussen die hoofborg, Sanlam, die organiseerders, LitNet, en die mediavennoot MTV – DStv kanaal 130.

Daar is vanjaar vier top plaaslike kunstenaars en groepe wat die lirieke sal beoordeel, en elkeen sal musiek skryf vir een liriek wat hulle kies.

Die kunstenaars is Blackbyrd, Straatligkinders, The Soil en AKA.

Weens die vennootskap tussen Sing ‘it en MTV sal dit die eerste keer in Suid-Afrika wees dat plaaslike kunstenaars die kuns van liriekskryf bevorder deur insetsels wat daagliks op MTV se Suid-Afrikaanse kanaal uitgesaai sal word.

“Omdat MTV ‘n al hoe groter fokus op eietydse plaaslike musikante en repertoire wil laat val, is ons verheug om in vennootskap met Sanlam te tree in die opwindende projek wat jongmense aanmoedig om hul liriekskryfvermoĆ«ns te ontwikkel terwyl ons hulle met van Suid-Afrika se top musiektalent in verbinding bring,” vertel Alex Okosi, senior visepresident en besturende direkteur van Viacom International Media Networks Africa.

Die kompetisie is meer as net ‘n geleentheid vir amateur-liriekskrywers om hulle werk ten toon te stel – Sanlam Sing ‘it se oogmerk is om ‘n proses te fasiliteer waardeur liriekskrywers deel van die groter Suid-Afrikaanse musiekbedryf kan word.

As organiseerders van die kompetisie en een van Suid-Afrika se voorste aanlyngemeenskappe is dit LitNet se oogmerk om aan Suid-Afrikaanse musiekkultuur ‘n stem te gee deur aan skrywers ‘n geleentheid te bied om hulle woorde waarlik te laat leef.

Die kompetisie is een van Sanlam se baie projekte wat ‘n platform skep vir plaaslike talent om ten toon gestel te word.

“Sanlam was nog altyd ‘n maatskappy wat hom daarop roem dat hy plaaslike talent ondersteun; vandaar ons borgskap van verskeie kultuurinisiatiewe,” sĆŖ AndrĆ© Kearns, borgskapbestuurder by Sanlam.

“Ons sien uit na nĆ³g ‘n suksesvolle jaar en na ‘n paar unieke samewerkings tussen hierdie passievolle liriekskrywers en die deelnemende kunstenaars,” sĆŖ LitNet se Sing ‘it-projekbestuurder, Chrizane van Zyl.

Vir meer inligting oor die Sanlam Sing ‘it liriekskryfkompetisie, besoek hul webtuiste by www.singit.co.za of gaan ‘like’ die kompetisie se Facebook blad by www.facebook.com/singit.co.za.

Related Articles

Back to top button