Local newsNews

Adonia Angels kroon hul skoonhede

Na weke se beplanning, kroon Adonia Angels Project hul nuwe ambassadeur tydens hul Mej Adonia Angels Gala-aand.

Na weke se voorbereiding en beplanning was dit uiteindelik die groot aand waar Adonia Angels hul nuwe skoonhede kroon.

Die bestuur van Adonia Angels Project het vooraf verskeie vergaderings met die kandidate gehou waartydens hulle verskillende projekte moes aandurf. Dié projekte het dan bygedra tot hul algehele punt wat dan bepaal het wie die volgende Mej Adonia Angels sal wees.

Volgens ‘n verteenwoordiger van Adonia Angels, Janine Ferreira, is die doel van dié vergaderings om die meisies te leer ken en beter te verstaan wat hulle sal doen indien hulle met die titel van Mej Adonia Angels wegstap.

Daar het vanjaar ongeveer 24 meisies tussen die ouderdom van 13 en 20-jaar vir die kompetisie ingeskryf.

Na afloop van dié vyf-week-program het die gala-aand op 17 Augustus plaasgevind.

Die geleentheid is deur al die deelnemers se families en vriende bygewoon.

“Die aand was ‘n groot sukses en al die deelnemers het pragtig gelyk,” vertel Janine.

Nadat al die punte van elke deelnemer bymekaargetel is, was dit tyd om die wenners aan te kondig.

In die junior kategorie is Monique van Loggerenberg as tweede prinses gekroon. Jacqueline Viljoen is as eerste prinses aangewys en Jolene Barnard het met die titel van Mej Junior Adonia Angels weggestap.

Angeliek Botes is tydens die geleentheid as Mej Potensiaal gekroon.

“Vanjaar het ons twee wenners in die Mej Dubutante kategorie gehad. Hulle is Angelique van Heerden en Sanet Tomson,” vertel Janine.

In die kategorie vir Mej Fotogenies senior en junior het Monique van Loggerenberg en Jo-Ann le Roux bo die ander uitgestaan. Hannelie Naudé het die meeste likes op Facebook gekry en is aangewys as Mej Most Likes on Facebook.

In die senior kategorie was die kompetisie baie straf, maar na vyf weke van bloed sweet is Sanet Tomson as tweede prinses gekroon.

Jo-Ann le Roux is as eerste prinses gekroon en Angi Greyling is as Mej Adonia Angels 2013 aangewys.

Related Articles

Back to top button