School sportSport

Hoërskool Randburg wen die Noordvaal kompetisie

Die skool se o/14 rugbyspan het die Noordvaal kompetisie gewen.

Hoërskool Randburg is die kampioene.

Die skool het ‘n uitstekende rugbyseisoen afgesluit. Hul o/14 span was die wenners van die gesogte voorbereidingseisoen, terwyl al hul ander spanne tot die uitdun rondtes deurgedring het.

Randburg het rugby geskiedenis gemaak deurdat hulle inderdaad die enigste skool was waarvan vier spanne tot die finale rondtes van die Lions Groep 2 Liga deurgedring het.

Phillip Rykaardt hou die bal vir Hoërskool Randburg stewig vas.

Daar het die o/14’s, o/15’s, o/16’s en die eerste span die finale rondtes bereik en die o/14’s en o/15’s het met die trofeë weggestap.

Die skool was ook vroeër vanjaar die wenners van die Noord-Wes Universiteitsreeks.

Hoërskool Randburg se o/14 speler, Ewan van der Walt, nael met die bal in die finale wedstryd.

“Die geheim van ons sukses word toegeskryf aan die toewyding van elke speler en afrigter,” glimlag die skool se trotse hoof van rugby, Francois Vosloo, tydens ‘n onderhoud met Randburg Sun.

” In die NWU-reeks was daar 12 skole en ons het almal geklop – elkeen van ons spanne was op die podium. Ek moet sê ons het hierdie jaar ‘n besondere sterk groep spelers.”

Bradley Butcher speel in die o/14 Noordvaal finale wedstryd.

Oefening tydens die voorbereidingseisoen, sowel as deelname aan toernooie, het grotendeels ook bygedra tot hul sukses, voeg Vosloo by.

Lucky Khumalo wen grond vir sy span.

“Ons het voor die liga teen baie van die tradisionele ‘sterk skole’ gespeel en dit het almal gehelp om hulself liggaamlik en geestelik voor te berei. Die 7’s toernooie in die voorbereidingseisoen doen ons ouens baie goed.

Op 23 en 24 September bied die skool hul eie 7’s toernooi aan – 36 spanne het geregistreer om deel te neem.

Related Article:

A season of exceptional rugby at Hoërskool Linden

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button