Hoërskool Randburg se matrieks het ‘n onvergeetlike aand geniet tydens hul afskeid.
Die glansryke geleentheid met die tema ‘Night of the Stars’ is by die Randpark Gholf-Klub gehou op 30 September – en die leerders in hul pragtige uitrustings het voorwaar soos sterre geskitter.
“Die matriekafskeid was ‘n belewenis wat nie een van ons ooit sal vergeet nie. Dit was ‘amazing’ en ‘n ‘spectacular aand’ – alles was perfek,” sê hoofseun Stian van der Walt.
Hoofmeisie Shani Jansen van Rensburg sê die matriekafskeid is ‘n dag waarvan elke meisie haar lewe lank droom. “Ons matriekafskeid het my wildste drome oortref,” sê sy.
“Die maak van my rok, grimering en hare, die foto’s en die dansvloer het verseker dat dié herinneringe onvergeetlik sal bly.”
Related Article:
Grade 7 learners from Tutor the Future host market