Schools

Hoërskool Randburg reël skitterende matriekafskeid

Nie een van die matrieks sal ons afskeid vergeet nie, sê hoofseun.

Hoërskool Randburg se matrieks het ‘n onvergeetlike aand geniet tydens hul afskeid.

Jolene van der Walt en Wian Kouwenhoven

Die glansryke geleentheid met die tema ‘Night of the Stars’ is by die Randpark Gholf-Klub gehou op 30 September – en die leerders in hul pragtige uitrustings het voorwaar soos sterre geskitter.

Rüdiger Düsselberg en Carmen le Grange.
Maddy Cromberge en Edgar Schoeman.

“Die matriekafskeid was ‘n belewenis wat nie een van ons ooit sal vergeet nie. Dit was ‘amazing’ en ‘n ‘spectacular aand’ – alles was perfek,” sê hoofseun Stian van der Walt.

Nozi Vundla geniet die aand.
Emma Aucamp en Anke de Frey.

Hoofmeisie Shani Jansen van Rensburg sê die matriekafskeid is ‘n dag waarvan elke meisie haar lewe lank droom. “Ons matriekafskeid het my wildste drome oortref,” sê sy.
“Die maak van my rok, grimering en hare, die foto’s en die dansvloer het verseker dat dié herinneringe onvergeetlik sal bly.”

Sieg Hattingh en Venique Els.
James van der Merwe en hoofmeisie Shani Jansen van Rensburg.
Sebastian Sühr en Megan Lotriet.

Related Article:

Grade 7 learners from Tutor the Future host market

Related Articles

 
Back to top button