Daar was iets prettigs vir almal om aan deel te neem by Laerskool Fontainebleau se Kaalvoetfees op ‘n warm, sonnige Saterdag, 9 September.
Kaskarresies, kosstalletjies, speletjies soos skattejag en kussinggevegte het die sportvelde heeldag deur laat bewe van pret tot groot vermaak van die besoekers en toeskouers. Die verskillende spanne met hul kleurvolle temas het deelnemers luidkeels aangemoedig met strydkrete en danspassies voor die kaskarresies.
Die hoogtepunt van die dag was ongetwyfeld die lewendige musiekoptredes. Fonties se eie ‘flashmob’, Hoërskool Randburg se band – ‘Footsteps on the Moon’, Hoërskool Linden se battery, en die skool se band, ‘Die Pa’s’, asook twee van Fonties se onderwysers, Lida Venter en Rainier van Tonder.
Die bekende sangeres, Karlien van Jaarsveld, het die genotvolle dag afgesluit met haar gewilde liedjies wat oud en jonk begeester het.
Mense het die fees traag verlaat, maar met glimlagte op hul gesigte en pryse in die sakke.
Laerskool Fontainebleau bedank almal in die gemeenskap wat die fees kom ondersteun het. Die fondsinsameling is ten bate van die skool se hulpfonds asook vir ander skoolprojekte.
Related Article:
Sharonlea Primary School learners tell us why trees are important