Schools

Hoërskool Randburg leerders skiet vir medalje

Dit was 'n strawwe kompetisie met net die beste kwalifiserende skutters van al die provinsies by die Walter Sisulu saal in Praegville.

Hoërskool Randburg het uitstekend gevaar by die Suid-Afrikaanse Nasionale Skoleskuttersunie (Sanssu) kampioenskap.

In totaal het 432 skutters van regoor die land aan die strawwe kompetisie deelgeneem.
Slegs die beste kwalifiserende skutters van al die provinsies het by die Walter Sisulu-saal in Praegville aangetree.

Hoërskool Randburg is met reg trots op hul skutters.

Akira Jacobs se 20 skote was almal vol in die kol op haar teikenkaart.

Vir die besondere prestasie het Sanssu die kaart geraam en as geskenk aan Akira oorhandig.

Jayden Naudé was deel van die top Gauteng o/16 span en het daarvoor ‘n goue medalje verwerf.

Slegs drie skutters het vol (20 skote) teikenkaarte behaal.

Kyle Fölscher was deel van Gauteng se o/ 14 span wat ‘n silwer medalje verower het in die Wenner Provinsie kategorie.

Jayden Naudé was deel van die top o/16 Gauteng span asook o/16 kampioene en het daarvoor ‘n goue medalje ontvang.

Daarmee verdien Jayden en sy spanmaats ook ‘n silwer medalje in die Top Provinsie kategorie vir ‘Sporter’-spanne.

Chantel Da Silva ontvang die silwer medalje wat sy en haar span as deel van die tweede plek in die top provinsiale kategorie verwerf het.

Chantel Da Silva en haar span verdien ‘n silwer medalje as deel van die tweede plek in die Top Provinsie kategorie.

Chantel verwerf ook brons Sanssu kleure.

Finale Sanssu uitslae vir geweerskutters:

O/14 Sporter (83 skutters)
n Kyle Fölscher 11de

0/16 Sporter (126 skutters)

  • Jayden Naudé 6de
  • Emma van der Want 11de
  • Akira Jacobs 25ste
  • Bianca Janse van Rensburg 42ste

O/21 Sporter (93 skutters)

  • Chantel Da Silva 29ste
  • Hendri Rootman 70ste

Related Article:

Hoërskool Randburg se matrieks kry die mooiste afskeid

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button