School sportSchools

Hoërskool Randburg leerders skitter in Kolombië

Die leerders sê dit was wonderlik om mense vanuit verskillende lande te ontmoet en interaksies met hulle te kon hê.

Zonica Lindeque en Kayla la Grange het onlangs aan die World Youth Games in Cali, Kolombië, Suid-Amerika, deelgeneem en het albei puik presteer.

Cali is ‘n mooi stad, sê die leerders.

“Hierdie twee Randjies het die skool se naam hoog gehou en ons is baie trots op hul harde werk,” sê bemarkingsbestuurder Annette Steenekamp.

Kayla la Grange en Zonica Lindeque geniet dit in Cali.

Zonica het tot die finale rondte deurgedring en het ‘n 10de plek in die O/20-gewigstootafdeling by die World Youth Games verwerf.

Zonica Lindeque dring deur tot die finale rondte en verwerf ‘n 10de plek in die O/20- gewigstootafdeling by die World Youth Games.

“Ek het nie so goed gevaar soos wat ek wou nie, maar daar is nie baie mense wat kan sê dat hulle 10de in die wêreld is nie,” glimlag sy.

Die Pascual Guerrero Olimpiese Stadion is bedrywig.

“Ek was mal oor Kolombië. Dit was pragtig, soos ‘n fliek. Die mense daar praat glad nie Engels nie, so ons moes ‘n paar Spaanse frases leer wat ons ook gedoen het. Daar was ‘n groot winkelsentrum naby die stadion wat ons besoek het. Die stadion was pragtig en dit was my eerste byeenkoms in ‘n toe stadion. Dit was wonderlik om mense vanuit verskillende lande te ontmoet en interaksies met hulle te kon hê.”

Kayla het aan die 100m, 200m en 4x100m wedlope deelgeneem en is 27ste op die wêreldranglys in die 100m en 200m.

Die Pascual Guerrero Olimpiese Stadion is helder verlig.

“Ek het beter tye as laas jaar gehardloop, maar dit was nie my beste tye na die kwalifiserende rondtes nie,” sê Kayla.

Kayla la Grange en Zonica Lindeque op ‘n uitstappie in Cali.

“Ek is tevrede met hoe ek in die 100m gevaar het, maar nie in die 200m nie. Ek sou graag beter wou doen. Kolombië was baie lekker. Dit het my baie aan Suid-Afrika herinner en die mense was baie vriendelik en verwelkomend. Ek sou graag eendag wou teruggaan.”

Lees ook: 

VIDEO: Hoërskool Randburg athletes shine again

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button