Hoërskool Randburg se Chane Vermeulen breek n nege jaar rekord

Chane Vermeulen fokus tans op die wêreld junior kampioenskappe, met die hoop om in die toekoms aan die Olimpiese Spele en wêreld kampioenskappe deel te neem.

Hoërskool Randburg se Chane Vermeulen het onlangs aan die senior atletiektoernooi in Duitsland, Italië en Ierland deelgeneem .

In die Mannhein Germany Junior Gala het tweede geëindig in die 200m en vierde in die 400m en in Italië tweede in die 400m. By die Celle Ligure Continental Challenger het sy ‘n vyfde plek behaal in die 400m. Tydens haar deelname in Ierland het sy derde geëindig in die 200m in Cork. In Dublin behaal sy eerste plek en oortref terselfdertyd die rekord wat al nege jaar staan.

OOK GELEES: Hoërskool Randburg learner shines at American Dance Awards

Sy sê sy het die ondervinding geniet; nuwe ervaring opgedoen, nuwe plekke gesien en sy kon meeding teen verskeie atlete vanoor die hele wêreld.

“Ek is baie tevrede met hoe dit afgeloop het. Ek het ’n nuwe, persoonlike beste rekord opgestel waaroor ek baie gelukkig voel, en ek het baie geleer.”

Hoërskool Randburg se Chané Vermeulen.

Sy het ook die Morton Spele in Ierland geniet, want dis een van die groter kompetisies met baie atlete.

“Ek moes definitief gewoond raak aan rondreis – dit het nie altyd volgens plan verloop nie en het soms probleme opgelewer, maar ek moes om dit werk en net prober om my beste te lewer, ten spyte van die reisprobleme.”

OOK GELEES: Hoërskool Randburg learner wins gold at the SASHOC

Chane het aan atletiek begin deelneem toe sy nog baie jonk was en alhoewel dit aan die begin nie goed gegaan het nie, kon sy die resultate later sien.
“Om elke jaar harder en harder te werk om te verbeter, was ’n stap in die regte rigting. Dit neem baie tyd en verg harde werk om teen al daardie atlete deel te neem. Dit is iets wat nie maklik gebeur nie, en dit gaan ook nie makliker word nie.
“Sommige van daardie atlete is baie ouer as ek, en dit beteken dat ek net harder moet werk wanneer ek weer later teen hulle deelneem.”

Chané Vermeulen.

Sy voeg by dat dit by tye baie moeilik raak om sport en skoolwerk te balanseer, maar sy het gelukkig ondersteuning en hulp van mense wat seker maak dat alles reg uitwerk.

Follow us on our FacebookXInstagram and TikTok pages. Join our WhatsApp group for any story ideas you may have.  

Exit mobile version