Liedjies, danse, sketse en gedigte het groot byval gevind tydens Laerskool Unika se jaarlikse Kultuurfees wat vir twee jaar op die lange baan geskuif is as gevolg van Covid-19. Die kinders kon nie wag om weer na so ‘n lang tyd op te tree en deel van al die pret en plesier te wees nie.
Besoekers was kleurvol aangetrek en het die sonnige dag terdeë geniet by die skool in Robindale.
Hulle het die kinders deurgaans ondersteun en aangemoedig en daar was geen tekort aan applous en waardering nie.
Daar was ook ‘n braai, potjiekoskompetisie, orkes, koor en baie stalletjies wat verder gesorg het vir vermaak.
“Dit was ‘n baie suksesvolle dag,” sê die skool se bemarker, Mariette Galjaard.
Related Article:
https://www.citizen.co.za/randburg-sun/453912/laerskool-fontainbleau-deel-hul-leerders-se-sportprestasies/