Local newsNewsSchools

Storietyd!

ROBINDALE – Laerskool Unika begin die nuwe jaar met hulle leerders.

Laerskool Unika het laas jaar se leerders en nuwe gesiggies, elk in hul spogtige skool uniforms, op 9 Januarie by die skool verwelkom.

Die ouer grade het in die saal bymekaar gekom waar hulle die jaar opnuut begin het. Terwyl hulle in die saal opening bygewoon het, het die jonger kinders na hulle klaskamers toe gegaan. In een van die Graad 1 klaskamers het die kinders het gehoorsaam en oplettend geluister terwyl juffrou vir hulle ‘n storieboek lees. In ‘n ander Graad 1 klas luister die kinders aandagtig en werk hulle hard aan die opdragte wat die juffrou uitgedeel het. Na die opening kon die ouer kinders vir ‘n rukkie buite sit voordat hulle volgende klas begin het. ‘n Groepie Graad 5 leerders het saam gesit en gesels en die buitelug geniet. Almal was opgewonde vir die dag en die begin van ‘n nuwe jaar.

LEES OOK: Foundation Phase reading crisis is a national emergency – EE

Related Articles

Back to top button