Uitstekende uitslae Hoërskool Randburg

FONTAINEBLEAU – Geluk aan al die matriekulante en sterkte vir wat voorlê.

Na ‘n lang jaar van skouer aan die wiel sit, kan die 2018 matriekleerders van Hoërskool Randburg uiteindelik hul sertifikate met trots hoog hou.

Hoërskool Randburg het 144 matrikulante gehad wat eksamen geskryf het, waarvan 143 kandidate geslaag het. Vyf-en-negentig persent van hulle leerders wat Nasionale Senior Sertifikate ontvang het, voldoen aan die vereistes vir baccalaureus-graadstudies.

Hoërskool Randburg se mariekulante is opgewonde nadat hulle, hulle sertifikate ontvang het op die skoolterrein. Photo: Monique Swanepoel

Die skool het 277 onderskeidings behaal en 25 leerders het ‘n gemiddeld van 80 persent en hoër behaal. Vyf leerders in die skool het sewe A’s behaal, ses leerders het ses A’s gekry, vyf leerders het vyf A’s gekry en 10 leerders elk vier A’s.

Kayla Molm, Caitlin Krügel, Nikita Blok en Liam de Wet is opgewonde oor hulle uitslae. Photo: Monique Swanepoel
Henri Venter, Andonè van der Walt, Adriaan Roux en Herculaas Wallace met hulle uitslae. Photo: Monique Swanepoel

Die hoof, Pieter Booysen het gesê, “Ons is baie tevrede met die uitslae van ons matrieks. Ons voorsien egter dat verskeie kandidate van hulle vakke sal laat hernasien en verwag daarna nog ‘n paar onderskeidings. Ons beste wense vergesel hierdie groep matrieks. ‘n Woord van dank aan onderwysers en ouers wat hierdie kinders ondersteun het.”

ALSO READ: Breakfast ideas for busy people

Exit mobile version