NewsSchools

Hoërskool Linden is een van die top 10 skole in die streek

Hoërskool Linden bewys hulle akademie en kultuur is briljant.

Die afgelope maand het Hoërskool Linden op verskeie terreine bewys dat hulle met die bestes in die land kan kers vashou as dit kom by kultuur.

Hoërskool Linden het met sakke vol pryse weggestap by vanjaar se Nasionale Eisteddfod Akademie (NEA) Streeksprysuitdeling.

 

Leerders van Hoërskool Linden se Graad 9 spanredenaars.

 

Hulle het 17 itemwenner sertifikate, agt kategoriewenner medaljes, twee prestige toekennings en vier ambassadeurstoekennings verower.

Hoërskool Linden is die enigste Afrikaanssprekende hoërskool in die algehele top 10 skole in die streek.

Hoërskool Linden se Graad 9 spanredenaars is aangewys as die landswye wenners by die Artisticulta-kompetisie met hulle toespraak ‘Klets’. Hulle het ook eerste plek in Gauteng en derde plek landswyd verwerf by die Radikale Redenaarskompetisie met hul toespraak ‘Bang’.

Die graad 10-spanredenaars het tweede plek behaal landswyd by die Oppie Tong Af spanredenaars-kompetisie.

Die skool se ATKV-Serenade het die tweede plek behaal by die Animato a Capella Nasionale Kompetisie en stap ook weg met die prys vir die beste tema.

Hoërskool Linden se Ja-Nee Koerant het die derde plek verwerf in Beeld se kompetisie vir gedrukte skoolkoerante.

Die Nasionale Eisteddfod Akademie het ook die Lindenkoor vereer met twee ambassadeurs- en een medaljetoekenning.

Hierdie prestasie volg kort op die hakke van die koor se deelname aan die Wêreld-koorspele waar hulle en goud en twee silwertoekennings verower het asook die Con Spirito koorkompetisie waar hulle as wenners in twee kategorieë gekroon is.

LEES OOK: Residents’ fury over cell tower construction

Related Articles

Back to top button