Bou vrolike verhoudings in hierdie feestyd

Die jaar het verbygevlieg en ja, die tyd is weer hier…die tyd vir Doxa Deo Randburg se jaarlikse Kersproduksie! Daar is nie ‘n beter manier om die besige jaar mee af te sluit nie! Hierdie jaar gaan ‘n voortreflike een-vrou-produksie die lig sien waar Melissa se ervarings elke toeskouer saam met haar op ‘n avontuur …

Die jaar het verbygevlieg en ja, die tyd is weer hier…die tyd vir Doxa Deo Randburg se jaarlikse Kersproduksie!

Daar is nie ‘n beter manier om die besige jaar mee af te sluit nie!

Hierdie jaar gaan ‘n voortreflike een-vrou-produksie die lig sien waar Melissa se ervarings elke toeskouer saam met haar op ‘n avontuur gaan neem: Hashtag 12 – ‘n Verhoudingstorie.

Vir elkeen van ons wie se lewens gevul is met ‘n varïeteit van verhoudings en op soek is na ‘n kwaliteitlewe, beloof die produksie om ‘n hoopvolle boodskap op ‘n ligte trant oor te dra!

Elkeen in die gemeenskap word dus uitgenooi om ‘n piekniekmandjie te pak en saam met familie en vriende te kom kuier gedurende die produksie.

So, kom kyk en wees deel!

Die produksie begin Maandagaand 17 November om 7nm. Kostes: R 80/volw; R 40/kind.

Ons sien jou daar!!!

Vir enige navrae / kaartjieverkope, kontak Doxa Deo Johannesburg, 011 867 5954 of elize.barnard@doxadeo.co.za

Exit mobile version