RANDBURG – Hoërskool Randburg se matriekafskeid was 'n glansgeleentheid.
Benita Venter and Carl Trautman arrive by horse-drawn carriage
Hoërskool Randburg het hul matriekafskeid by Helderfontein Estate in Kyalami op 4 Oktober gehou.
Matrieks (en hul ouers) het alles in hul vemoë gedoen om te verseker dat hul aankoms by die spoggeleentheid vir almal ‘n onvergeetlike oomblik was om te aanskou.
Daar was iets van alles – van outydse perdekarre, tuisgemaakte bokskarre tot ‘n klassieke VW Kewertjie.
Matriekseuns het uit hul pad gegaan om hul metgeselle te beïndruk en hulle soos prinsesse te laat voel.
Die jong dames was getooi in besonder elegante uitrustings en die jong menere in deftige aandpakke.
Loer na die video van die bokskar se aankoms by die afskeid, asook die ander besonderse aankomste en ‘n gallery van paartjies hieronder.