Wat hy ook al plant, gedy in sy tuin

FERNDALE – Tobie le Roux spog met sy pragtuin.

‘n Kardioloog wat vir 80-jarige Tobie Le Roux sê om stil te sit en dinge rustig te vat, kan beslis sy opinie vir himself hou.

“Nee wat, hulle moet pasop vir my,” sê Le Roux uitdruklik, “Ek is nog steeds net so gevaarlik besig as wat ek was op 20.”

Le Roux, wat al vir meer as 25 jaar vir wynmakers uit Namakwaland werk en van 1967 in Ferndale woon, is nie een wat kan rondsit en niks doen nie. “Die dokters sê, ek mag nie meer so hard in die tuin werk nie, maar vir my gaan hulle beslis nie keer nie.”

Hy bou al jare lank aan sy pragtuin, en het besluit om die wonders uit sy tuin met Randburg Sun se lesers te deel.

“Baie van my saadtjies wat ek plant, kom uit die Kaap uit, maar die pragtige voëls wat hier in my tuin kom broei, help my ook saadjies plant. Dis op hulle, die voëltjies, wat ek die trotste is.”

Exit mobile version