Linden se 25ste jaar van 100 persent slaagsyfer bekroon met 285 onderskeidings

Linden – Hoërskool Linden se 2016-matriekgroep het daarin geslaag om 25 jaar agtereenvolgens ‘n 100 persent slaagsyfer te behaal.

Hoërskool Linden het weer eens ‘n 100 persent slaagsyfer behaal. Hierdie jaar het 285 onderskeidings vir die Nasionale Senior Sertifikaat en Onafhanklike Eksamenraad vakke, van 148 matrikulante gekom en 85 persent van hierdie leerling het universiteitstoelating ontvang.

Met hierdie prestasie bevestig Hoërskool Linden sy sterk akademiese inslag en benadering tot onderrig wat verseker dat jongmense toegerus en gereed is om nuwe uitdagings aan te pak. Dit vertel die skool na matrikulante hul Nasionale Senior Sertifikate op 5 Januarie ontvang het.

Jeané van Tonder het met sewe onderskeidings en ‘n 92 persent gemiddeld Hoërskool Linden se top vyf gehaal.

Dr Nico van Niekerk, akademiese hoof van Hoërskool Linden, het wel gesê dat dit uiters belangrik is dat leerling nie bloot net onderrig word om goeie punte te behaal nie, maar dat kritiese denke bevorder word. “Dit is wat ons leerders toerus om die uitdagings van ‘n veranderende wêreld te navigeer.

Juis hierom is Hoërskool Linden-leerders gesog om as studente opgeneem te word by meeste tersiêre instellings,” sê hy. Dr Jorrie Jordaan, Linden se skoolhoof, het bygevoeg dat bykans al die leerlinge vir diplomastudies kwalifiseer.

Onder die top 10 alleen is 70 onderskeidings behaal. Myshke Roos, Ineke Goede, Simoné Balt, Ingrid Smit en Jeané van Tonder, die vyf toppresteerders, het gesamentlik 37 onderskeidings behaal.

Balt en Smit het beide twee onderskeidings verwerf en die ander sewe. Daar is verder nog drie leerlinge met sewe onderskeidings en sewe met ses onderskeidings. Die toekoms van Linden se toppresteerders is ook al beplan.

Roos beplan om medies aan die Universiteit van Pretoria te studeer en vertel dat dit haar droom is om daagliks ‘n positiewe verskil in iemand se lewe te maak. Goede sien uit om ook ‘n mediese graad aan die Universiteit van Pretoria te behaal. Balt se fokus is weer stewig gerig op ‘n loopbaan as ‘n geoktrooieerde rekenmeester. Sy is verlede jaar aangewys is as die beste rekeningkundestudent in die land.

Matrieks is gaande oor hul resultate. Die skool meen bykans al die matrikulante het vrystelling verwerf om verder te studeer.

Smit gaan finansiële wiskunde aan die Noordwes Universiteit in Potchefstroom studeer en Van Tonder gaan ook mediese studeer. “Dit is vir my opvallend hoe ons matriekleerkragte hulle nie net toespits op die akademiese presteerders nie, maar ook daarin slaag om die agterosse in die kraal te bring.

By Hoërskool Linden is dit ewe belangrik dat elke kind sy potensiaal bereik,” sê Jordaan ten slotte.

Skoolhoof van Hoërskool Linden, Dr Jorrie Jordaan, sê die 85 persent van matrikulante wat universiteitstoelating verwerf het, is selfs meer verblydend as die skool se 100 persent slaagsyfer.
Onderwysers sorteer die matriekuitslae by Hoërskool Linden.
Exit mobile version