Schools

Hoërskool Randburg sorg vir puik vermaak tydens koorfees

Die NG Kerk Weltevreden se onlangse koorfees was 'n ware fees met sang en musiek verskaf deur die skoolkoor en die skool se band.

Hoërskool Randburg se koor en band, Footsteps on the Moon, weet hoe om toeskouers te vermaak.
Hulle het op 2 Augustus by die NG Kerk Weltevreden se koorfees opgetree en het gesorg vir ‘n behoorlike fees en almal het dit baie geniet.

Hoërskool Randburg se band, Footsteps on the Moon, speel lekker treffers by die koorfees. Heel links is Christiaan de Waal (tromme), Anke de Frey (baskitaar), Ciska Raubenheimer (sanger), Henro Steyn (elektriese kitaar) en Sieg Hattingh (akoestiese kitaar).Foto: Facebook

“Baie dankie aan elke koorlid vir die pragtige sang,” sê die skool se bemarkingsbestuurder, Annette Steenekamp.
“Footsteps on the Moon was ‘n groot treffer. Ons is so trots op julle almal.”

Related Article:

Hoërskool Randburg finishes secondo out of 60 schools at athletics meeting

Related Articles

Back to top button