SchoolsSchools galleries

Almal geniet die Kaalvoetfees by Laerskool Fontainebleau

Kaalvoetfees sorg vir groot vermaak vir oud en jonk en was weereens'n groot sukses.

Daar was iets prettigs vir almal om aan deel te neem by Laerskool Fontainebleau se Kaalvoetfees op ‘n warm, sonnige Saterdag, 9 September.

Jan-Albert de Kock en Karlie Henningse stoot Neelsie Brink. Foto: Nicholas Zaal
Emily Scharnck, Ethan Brown en Carla Diedericks. Foto: Nicholas Zaal
Louis van der Linde, Channiel Keyter, Luciano Vorster, Alisha van Rooyen en Megan Joubert. Foto: Nicholas Zaal

Kaskarresies, kosstalletjies, speletjies soos skattejag en kussinggevegte het die sportvelde heeldag deur laat bewe van pret tot groot vermaak van die besoekers en toeskouers. Die verskillende spanne met hul kleurvolle temas het deelnemers luidkeels aangemoedig met strydkrete en danspassies voor die kaskarresies.

Gabriella Brandao gooi ‘n boontjiesakkie na die teiken. Foto: Nicholas Zaal
Marcus Burger en Ilann Muller in hul kussinggeveg. Foto: Nicholas Zaal
Ben Robbetze doen skattejag. Foto: Nicholas Zaal

Die hoogtepunt van die dag was ongetwyfeld die lewendige musiekoptredes. Fonties se eie ‘flashmob’, Hoërskool Randburg se band – ‘Footsteps on the Moon’, Hoërskool Linden se battery, en die skool se band, ‘Die Pa’s’, asook twee van Fonties se onderwysers, Lida Venter en Rainier van Tonder.

Wesley Jansen van Niewenhuissen en Nathan Garbers. Foto: Nicholas Zaal
Louis van Eeden en Emiel Pretorius. Foto: Nicholas Zaal
Ruben Colin, Lukas Pistorius, Jana van Rooyen en Robyn Lamb gee ‘n strydkreet vir hul span. Foto: Nicholas Zaal

Die bekende sangeres, Karlien van Jaarsveld, het die genotvolle dag afgesluit met haar gewilde liedjies wat oud en jonk begeester het.
Mense het die fees traag verlaat, maar met glimlagte op hul gesigte en pryse in die sakke.

Lilah Robbetze op skattejag. Foto: Nicholas Zaal
Ciska Raubenheimer van Hoërskool Randburg se band, ‘Footsteps on the Moon’. Foto: Nicholas Zaal
Miché Kranhold en Robyn Lamb. Foto: Nicholas Zaal

Laerskool Fontainebleau bedank almal in die gemeenskap wat die fees kom ondersteun het. Die fondsinsameling is ten bate van die skool se hulpfonds asook vir ander skoolprojekte.

Ilri Louw en Zoey Engelbrecht. Foto: Nicholas Zaal
Marcus Burger en Ilann Muller in hul kussinggeveg. Foto: Nicholas Zaal
Chloe du Preez en Anja Diedericks veg met kussings. Foto: Nicholas Zaal
Axl Scholtz en Zander du Plessis stoot Emma Pienaar se kaskar. Foto: Nicholas Zaal

Related Article:

Sharonlea Primary School learners tell us why trees are important

Related Articles

Back to top button