NewsSchools

Laerskool Unika hou ‘n indrukwekkende kultuurfees

'n Lekker braai, potjiekoskompetisie, orkes, koor and baie stalletjies het ook die dag besonders gemaak.

Liedjies, danse, sketse en gedigte het groot byval gevind tydens Laerskool Unika se jaarlikse Kultuurfees wat vir twee jaar op die lange baan geskuif is as gevolg van Covid-19. Die kinders kon nie wag om weer na so ‘n lang tyd op te tree en deel van al die pret en plesier te wees nie.

Veda Salmon vermaak besoekers met ‘n keurspel van lewendige musiek. Foto: Nicholas Zaal
Veda Salmon vermaak besoekers met ‘n keurspel van lewendige musiek. Foto: Nicholas Zaal

Besoekers was kleurvol aangetrek en het die sonnige dag terdeë geniet by die skool in Robindale.

Chloë Smit sing ‘n pragtige liedjie. Foto: Nicholas Zaal

Hulle het die kinders deurgaans ondersteun en aangemoedig en daar was geen tekort aan applous en waardering nie.

Larissa Kleynscheldt roer die hartsnare met haar harp. Foto: Nicholas Zaal

Daar was ook ‘n braai, potjiekoskompetisie, orkes, koor en baie stalletjies wat verder gesorg het vir vermaak.

Isabella Weetman doen haar uitstaande dansroetine. Foto: Nicholas Zaal

“Dit was ‘n baie suksesvolle dag,” sê die skool se bemarker, Mariette Galjaard.

Emma van Heerden dra ‘n vrolike gedig voor. Foto: Nicholas Zaal

Related Article:

https://www.citizen.co.za/randburg-sun/453912/laerskool-fontainbleau-deel-hul-leerders-se-sportprestasies/

Related Articles

Back to top button