Local sportSchool sportSport

Tau-toernooi skop af by Laerskool Unika

ROBINDALE – 15 skole, 128 rubgy en netbal spanne, en elke speler is ‘n wenner.

Die Sotho-naam vir leeu, is “tau”, en dis die toepaslike naam wat Laerskool Unika in Robindale gekies het vir hulle rugby- en netbal- toernooi wat op 8 Mei afgeskop het.

Die toernooi, wat elke Donderdag tot 22 Mei by die skool plaasvind , behels ‘n totaal van 15 Gauteng-skole, naamlik Bryanston Parallel Medium, Bryanston Primary, Curro Aurora, Curro Krugersdorp, Laerskool Christiaan de Wet, Laerskool Dalmondeor, Laerskool Esperanza, Laerskool Fairland, Laerskool Fontainbleau, Laerskool Generaal De La Rey, Laerskool Jan Celliers, Laerskool Louw Geldenhuys, North West Christian School, Trinity House, en Laerskool Unika.

In totaal neem 60 rugbyspanne en 68 netbalspanne vanuit die skole deel, maar geen punte word toegeken nie.

“Die punt van die toernooi is om vir die kinders ‘n passie vir die spel te leer,” sê rugby-afrigter Ruan Benadie. “Asook om vir hulle te leer hoe om saam as ‘n span te werk. Met ander woorde, elke spannetjie in die toernooi is wenners.”

Besonderhede: Laerskool Unika 011 888 4556.

Related Articles

Back to top button