Excelsior Manskoshuis hou 30-jaar reünie

'Die manne van die X' het die bymekaarkoms baie waardeer.

Excelsior Manskoshuis het Vrydagaand, 10 Mei hul 30-jaar reünie afgeskop waar die huidige manne van ‘Die X’ (Excelsior) hul rugbyoorwinning teen Hombré saam met die alumni-manne gevier het.

Die Alumni-manne onthou hul studentedae. Foto’s: Verskaf

“Die manne van Die X kon nie wag om saam met die alumni-manne te kuier nie,” vertel FC Kotze, wat by Excelsior betrokke is. Saterdagoggend is die manne Drakenstein toe (die restaurant op kampus) vir ontbyt.

Almal smul saam aan ontbyt in Drakenstein.

Daarna is hulle terug koshuis toe en het die middag in Boesmangat, Excelsior se klubhuis, spandeer. Die inwoners van Excelsior het gretig geluister na die avonture wat hul voorgangers tydens hul studentelewe en verblyf in Excelsior meegemaak het. Die primarius, Erik “Rally” Beekman, het genoem dat die reünie vir almal ‘n belewenis was. “Dit was ‘n groot voorreg om weer die kampuslewe saam met die alumni te deel. Die manne het ‘n groot trots vir die koshuis en hulle het die naweek baie geniet.”

Die alumni-manne was ekstasies om weer in die koshuis te wees.

Related Articles

 
Back to top button