Nomineer jou gunsteling sakeondernemings in Potch

Die publiek word genooi om aan te sluit by hierdie positiewe projek om erkenning aan uitblinker-sakelui te gee.

Die publiek word genooi om aan te sluit by hierdie positiewe projek om erkenning aan uitblinker-sakelui te gee.

Potchefstroomse sakelui speel ‘n deurslaggewende rol om werk te skep en die stad se ekonomiese wiele aan die rol te hou.

MooiVaal Media wil graag erkenning gee aan plaaslike besighede wat met toewyding, integriteit, harde werk en uitstekende dienslewering ‘n goeie naam in Potchefstroom opgebou het – hetsy dit koffiewinkels, voertuigondernemings, juweliermakers, eiendomsagentskappe of enige ander tipe private onderneming is.

Om dié rede loods MooiVaal Media nou ‘n projek, “Best of Potchefstroom – Readers’ Choice”, waar ons die publiek vra om hul gunsteling ondernemings in Potchefstroom te nomineer. Dit is sakeplekke waar kliënte diens van uitsonderlike hoë gehalte ontvang, en wat na hul mening ‘n spesiale pluimpie verdien.

Kom word deel van hierdie positiewe dryfkrag!

Besoek die nominasieblad by hierdie skakel: https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/best-of-potchefstroom/

 

Related Articles

Back to top button