Luiperds red bonuspunt na nederlaag teen Valke

Die Luiperds het Saterdag, 4 Maart,  darem met 'n bonuspunt huis toe gegaan na nog 'n nederlaag in vanjaar se Curriebeker eerstedivisie kompetisie. 

Die Luiperds het Saterdag, 4 Maart,  darem met ‘n bonuspunt huis toe gegaan na nog ‘n nederlaag in vanjaar se Curriebeker eerstedivisie kompetisie.

Die Luiperds moes hard baklei vir die uiteindelike bonuspunt. Op ‘n kol het die Valke 43 – 8 voorgeloop, die eindtelling was 43 – 27 gewees.

Tjaart Benade (2), Ryno Visagie en Lionel April het vir die Luiperds gedruk.

Hoofafrigter, Eric Herbert, het by navraag gesê dat die span vir 80 minute moet begin speel.

“Omtrent in al ons wedstryde sover was ons vinnig agter dan sukkel ons om op te vang,” het Herbert gesê.

Dit is die derde agtereenvolgende wedstryd wat die Luiperds verloor. Verlede week moes hulle die knie 40 -7 teen die SWD buig en die week voor dit het hulle 30 – 16 teen OP verloor.

Komende naweek is die Luiperds weer op tuisbodem om die Boland Kavaliers aan te vat. Dit kan ‘n moeilike dag op kantoor vir Herbert se troepe wees. Die Boland het dusver nog nie ‘n wedstryd verloor nie, en het tans ‘n punteverskil van 103.

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button