Vat Vyf: NWU vat almal

Daar was vyf bekers in vanjaar se Pirates klubliga. Dit is die top-afdeling in die Leeus se klubliga om te wen. “Ons vat sommer al vyf, baie dankie,” was die NWU se reaksie.

Daar was vyf bekers in vanjaar se Pirates klubliga. Dit is die top-afdeling in die Leeus se klubliga om te wen.
“Ons vat sommer al vyf, baie dankie,” was die NWU se reaksie.
Die NWU se eerste-, tweede-, derde-, o.21 en o.19-spanne het Saterdag, 11 Junie almal hulle onderskeie finale gewen.
Die NWU se eerstespan het teen Wits in die eindstryd te staan gekom. Dié wedstryd het hulle 31 -26 gewen.
Volgens Burger van der Westhuizen, hoofafrigter van NWU 1, was dit ‘n naelbyt affêre. Die spelers het alles op die veld gelos en hulle lywe op die spel gesit.
“Ons moes van die ouens afhaal weens beserings, wat dit nie maklik gemaak het nie. In die laaste minute het hulle ‘n skrum naby aan ons doellyn gekry. Gelukkig het ons goed geskrum en ‘n strafskop gekry,” het Van der Westhuizen gesê.
Volgens hom was almal baie emosioneel na die wedstryd.
“Dit is vir my waaroor dit gaan. Jy kan nie dink dat daar soveel blydskap op die veld kan wees nie. Dit is regtig iets spesiaal wat hulle altyd gaan onthou,” het Van der Westhuizen gesê.
Die eindstryd bring die totaal van wedstryde sonder ‘n verlies na 23. Iets waaroor Van der Westhuizen baie beskeie is.
“Dit klink erger as wat dit is, maar dat die spelers en veral die ander afrigters, Leon Boshoff en Jacques Botes baie harde werk ingesit het, is daar geen twyfel nie. Dit maak mens se werk as hoofafrigter baie makliker as jy sulke bekwame, kundige en hardwerkende hulpafrigters het. Ek het self al baie by hulle albei geleer,” verduidelik Van der Westhuizen.
Vir eers is dit bietjie rus dan moet die spanne weer inspring om by die USSAS toernooi te gaan speel.
Die ander uitslae van die eindstryd lyk soos volg:
NWU se tweedes (IBBIES) wen 45 – 20 teen Pirates 2
Derdes (Tau) wen 18 – 3 teen Raiders 3
NWU o.21 wen 38 – 13 teen Pirates
NWU o.19 wen 73 – 16 teen Pirates.

You can read the full story on our App. Download it here.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button