Vandag laaste kans om te registreer vir plaaslike verkiesing

Registrasiepunte in Potchefstroom is vandag (19 September) nog oop van 8:00 – 17:00 om kiesers te registreer.

Registrasiepunte in Potchefstroom is vandag (19 September) nog oop van 8:00 – 17:00 om kiesers te registreer. Die komende plaaslike verkiesing vind op 27 Oktober plaas en volgens die Onafhanklike Verkiesingskomissie (OVK) is hierdie naweek die enigste geleentheid vir kiesers om te registreer en hul besonderhede by stemlokale na te gaan.

“Die eerste stap om van die korrupte skakels in J.B Marks se munisipaliteit ontslae te raak,  is om te registreer vir die plaaslike verkiesing”, sê DA-raadslid, Chris Hattingh gister by een van die registrasiepunte in Potchefstroom.

Volgens Hattingh lyk die registrasieproses sover belowend met die hoeveelheid mense wat aanmeld om te registreer en hulle besonderhede te bevestig. Hy het genoem dat daar by sekere registrasiepunte in Potchefstroom ‘n probleem met skanderingstoestelle was en dat beamptes die ID-nommers met hul hand moes insleutel. Hy maan almal om seker te maak dat hul besonderhede korrek is.

Adélle Jerling en rdl. Chris Hattingh by die DA se gazebo.

Kiesers moet by ‘n stemlokaal in die wyk waarin hulle gewoonlik woon, geregistreer wees en ‘n adres of ‘n volledige beskrywing van ‘n woonplek verskaf. Volgens die OVK is ‘n bewys van adres nie vir registrasie nodig nie.

Die OVK doen veral ‘n beroep om diegene wat vir die eerste keer stem om hierdie naweek te registreer.

Vir meer besonderhede besoek die OVK se webtuiste by www.elections.org.za of kontak die OVK se inbelsentrum by 0800 11 8000 of stuur ‘n epos na info@elections.org.za.

Bestaande kiesers kan hul registrasiebesonderhede op die webwerf nagana of hul ID-nommer SMS na 32810. SMS’e kos R1.

Ondersteuners van die Patriotic Alliance by die NG-Kerk Miederpark registrasiepunt. Foto’s: Venessa van der Westhuizen

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button