Promosa se matrieks nuut uitgevat

Promosa Sekondêr se matrieks spog vanjaar met deftige klere wat spesiaal vir hulle ontwerp is.

Promosa Sekondêr se matrieks spog vanjaar met deftige klere wat spesiaal vir hulle ontwerp is.

Hulle het Maandag die geleentheid gebruik om hulle nuwe uitrustings aan te trek. Netjies geruite blou-en-wit rompies en rooi-en-wit “pinafores” vir die meisies laat die koppe behoorlik op die skoolterrein draai.

Mooi matriekmeisies in hul geruite blou-en-wit rompies. Foto’s: Venessa van der Westhuizen

Die seuns lyk net so aantreklik in hulle blou langbroeke en gepaste hemde.

Die skoolhoof, Vonna Ferris, sê dié spesiale skooldrag vir die matrieks is om hulle spesiaal te laat voel en positief te hou. Sy wil ook die ander leerlinge in die laer grade motiveer om eendag dié drag aan te trek. Die ontwerper van dié vrolike skooldrag is Carol Mbengo wat die kinders wil aanmoedig om vas te byt en hulle finale jaar op hoërskool te voltooi. Sy sê niks is onmoontlik met God in jou lewe nie. Die matrieks se skooldrag word net by die skool verkoop.

Meisies in hul rooi en wit ‘pinafores’. By hulle staan die ontwerper, Carol Mbengo.

Related Articles

Back to top button