Lifestyle

Cyclo DNA: Fiksheid en fietsry is hulle leefstyl

Na twee jaar se sorgvuldige beplanning, is die splinternuwe Cyclo DNA ‘n volwaardige alles-in-een fietsrywinkel in die hart van Potchefstroom, wat ‘n leefstyl van fiksheid op ‘n moderne en opwindende wyse vir die gemeenskap bied.

Na twee jaar se sorgvuldige beplanning, is die splinternuwe Cyclo DNA ‘n volwaardige alles-in-een fietsrywinkel in die hart van Potchefstroom, wat ‘n leefstyl van fiksheid op ‘n moderne en opwindende wyse vir die gemeenskap bied. Cyclo DNA is eintlik nie net ‘n fietsrywinkel nie – die fasiliteite, innovasie, tegniese kundigheid en kliëntediens plaas vir Cyclo DNA in ‘n ander klas. Cyclo DNA is ‘n droom wat realiteit geword het vir Dana Schutte, bekende fietsryer en ystermanatleet van Potchefstroom. Schutte se passie vir fiksheid en fietsry is aansteeklik. Sy 23 jaar van ervaring getuig hiervan terwyl hy die verskillende aspekte van Cyclo DNA verduidelik. “Fietsry en fiksheid is vir ons ‘n groot passie. Ons lewe vir die sport. Cyclo DNA is geskep om fietsryers en atlete in Potch te kan akkommodeer en ‘n topgehalte diens te lewer.” Cyclo DNA is die trotse verskaffer van Trek, een van die beste fietse in die wêreld. Dit sluit in alle fietse, klein en groot vir alle ouderdomme en fietsryvereistes. Cyclo DNA het twee verdiepings elkeen vir verskillende doeleindes, gebou. Op die grondvloer word fietse, relevante fietsrybykomstighede en fiksheidsprodukte verskaf. Daar is ook aanvullings en produkte beskikbaar vir fietsryers, marathonatlete, driekamp en so meer. Verder is daar ook ‘n koffiewinkel waar kliënte iets kan drink of eet terwyl hulle na die nuutste en blinkste Trek fietse kyk. Binnekort sal daar ook ‘n “Beer on Tap” fasiliteit wees vir diegene wat na ‘n lang rit ietsie koel wil geniet. “Ons hoof fokuspunt is kliëntediens. Ons het twee tegnikuste wat fietse diens, twee verkoopspersone sowel as bestuur. Ons wil vir enigiemand kan help om die perfekte fiets te kies en moet ook weet hoe ‘n fiets werk en wat nodig is om ‘n fiets in stand te hou. ‘n Kliënt moet met meer inligting en kennis uitstap as waarmee hy ingekom het.” Baie belangrik vir plaaslike fietsryers is die tegniese afdeling waar twee tegnikuste fietse diens. Daar is ook ‘n plek waar die fietsryers volgens ‘n digitale sisteem die perfekte fiets vir hulself in die winkel kan kry. Op die boonste vloer is daar ‘n spinstudio op stilstaande fietse waar wedrenne op ‘n grootskerm gesimuleer kan word. So kan fietsryers hulle eie fietse bring en die geleentheid kry om in enige weersomstandighede kilo’s op die bene te sit. Schutte en sy span is in die hartjie van die Bult op die hoek van Molen en Esselenstraat. Die hoofingang by Esselenstraat is gebruikersvriendelik, terwyl daar ook genoeg veilige parkering is vir kliënte. Cyclo DNA is oop vanaf 8:00-17:00 (Maandag tot Vrydag) en Saterdag vanaf 08:30 – 13:00. Die span agter Cyclo DNA is Annari Schutte, Ryno Schutte, Dana Schutte, Rudy van Graan, Johan Beukes, Hanru Düpper, Leoné Phillipson en Anchen Schutte. Foto’s: Wouter Pienaar

nwu afr

Related Articles

 
Back to top button