Home & GardenLifestyle

Dié skoonmaakmiddels die goedkoopste in Potch

Mrs. Clean is ʼn nuwe sakeonderneming wat spog met kwaliteit skoonmaakprodukte teen die goedkoopste prys in Potchefstroom.

Mrs. Clean is ʼn nuwe sakeonderneming wat spog met kwaliteit skoonmaakprodukte teen die goedkoopste prys in Potchefstroom. Hulle kliënte strek van klein huishoudings tot skole, slaghuise, restaurante, gastehuise en vakansie-oorde.

Stephan Cockcroft, eienaar van @ Fitness Health Club, is vir die eerste keer tydens inperking aan die produkte blootgestel en was só beïndruk dat hy die verskaffer, Jacques Vos, oorreed het om saam met hom die skoonmaakmiddels aan meer mense bekend te stel.

Jacques meng al vir die afgelope 13 jaar die seepprodukte. Hulle saniteerders en skoonmaakprodukte is deur NOSA, ʼn maatskappy wat veiligheid- en kwaliteitstandaarde daarstel, goedgekeur. “Ons lewer ook uitstekende kliëntediens”, sê Stephan omdat hulle nie net produkte verkoop nie, maar gratis aflewerings behartig. Vir hulle is geen bestelling te klein nie. “Al wat ʼn kliënt moet doen, is om ʼn WhatsApp na 066 232 0455 of 083 570 8882 te stuur en ʼn bestelling te plaas”, sê hy.

Die skoonmaakprodukte kan ook by @ Fitness Health Klub (MC Roodestraat 528) gekoop word. Behalwe vir die wye verskeidenheid skoonmaakmiddels – van skottelgoedseep tot bleikmiddels, ammoniak en saniteerder – verkoop hulle ook besems, moppe, swart sakke en toiletpapier.

Hulle spesialiseer ook in persoonlike beskermende toerusting soos maskers, handskoene, oorpakke, veiligheidsbrille en veiligheidstewels.

Vir navrae skakel Anzelle Jerling by 066 232 0455 of volg Mrs. Clean se Facebookblad by https://www.facebook.com/Mrscleanpotch.

Related Articles

 
Back to top button